Laas Opdateer op Vrydag, 18 September 2009 10:32 Geskryf deur kantoor Woensdag, 01 Julie 2009 04:39
VERHOUDINGS:
Ons bestaan vir verhoudings met God, gelowiges en die wêreld.
VERVULLING:
Ons leef oorgegee aan en in die krag van die Heilige Gees wat egte lewensverandering bewerk (“…dit doen die Here wat die Gees is” 2Kor. 3:18).
VOLGELINGE:
Ons help mekaar om radikaal gehoorsame volgelinge van Jesus te wees.
VERNUWING:
Ons wil deel in God se passie om sy wêreld te bring na vernuwing (heelheid).
VERSKEIDENHEID:
Ons verwelkom die feit dat nie almal dieselfde is, dink, voel en doen nie. Ons verwelkom dus verskeidenheid en poog om eietyds te wees.


