Laas Opdateer op Dinsdag, 02 Maart 2010 13:23 Geskryf deur Louise Donderdag, 25 Februarie 2010 22:32
Ons is almal voortdurend in ‘n leerskool en kan groei in ons gebedslewe. Daar is wonderlike organisasies wat regtig baie goeie werk doen in die area van gebed en gebedsopleiding en nasionale of internasionele gebedsnetwerke. Ons plaas graag die skakels na hulle webtuistes hier sodat julle ook kan gaan loer watse nasionale gebedsinisiatiewe daar bestaan of artikels kan gaan lees oor hoe om te bid.



