Text Size
Inteken

Binnelandse projekte

Navrae rakende enige Getuienisbediening projekte,  kontak
Anne-Marié Cronjé,
082 866 5336
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

BINNELANDSE PROJEKTE:

(Kliek op die skakel vir meer besonderhede oor die betrokke projek)

1.  Kinders

2.  Tieners & Jongmense

3.  Omgee & Sorg

4.  Vaardigheids- & Entrepreneursontwikkeling

5.  Voedingskemas

6.  Projekondersteuning

 

*          Projekte wat vir voordeel kwalifiseer

Geleentheid om voordeel te verkry uit betrokkenheid by projekte deur,  Belastingverligting of  Swart Ekonomiese Bemagting SEB–punte te  verdien.

Navrae:  Hannes van Aswegen        012 663 2003        Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 

Binnelandse Projekte Kinders

KINDERS

 

*Gideon @ Centurion       (Lyttelton)
Dié ‘Plek van Veiligheid’ bied ‘n veilige tuiste aan wees-, mishandelde- en verwaarloosde kinders van Centurion.  Die nodige versorging en ondersteuning word verleen tot die kinders by pleegouers geplaas kan word.
Projekleier:     Christa van Onselen   082 472 5009             Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

*Kansa  TLC -  Kinderkanker    (Tswane)
Hospitaalbesoeke deur vrywilligers.  Bystand  en ondersteuning aan gesinne wat deur kanker geraak word.   Met die Adopt-A-Room projek kan groepe of individue ‘n vertrek opknap waar ‘n ma / voog van ‘n kankerpasiënt, bly tydens die kind se hospitaalbehandeling.
Projekleier:     Vera van Dalen         082 466 4152              Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

*Louis Botha Kinderhuis (Waverley)
Daar is alreeds by vyf van die twaalf huise van Louis Botha Kinderhuis, selgroepe betrokke.  In elke huis is daar sowat 10 kinders en ‘n huismoeder.  Die kinders ervaar die betekenis van omgee en gesinslewe deur die betrokkenheid van vrywilligers.    Uitstappies word gereël of soms word gewoon net tyd saam met die kinders gespandeer rondom ‘n pizza. 
Projekleier:  Andre van der Merwe    083 400 0632          Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Matla A Bana                     (Centurion)
Dit behels die opknap van sekere fasiliteite by Polisiestasies en die skep van kindervriendelike ruimtes om sekondêre trauma weens mishandeling of molestering, te verhoed.  Vrywilligers voorsien ook troospakkies aan die getraumatiseerde kinders met skoon klere, eetgoedjies, toiletware en ‘n troospoppie.
Projekleier:     Janita van Rooyen     071 607 0980 Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Mooiplaas bediening                   (Mooiplaas)
Mooiplaas is ‘n informele nedersetting met geen water, elektrisiteit en sanitêre dienste nie.  Baie van die mense en veral kinders leef letterlik vanaf die vullishope.
Een Saterdag per maand kuier ‘n groep jongmense by  30 kinders vir 2 ure, om sommer net ‘n bietjie vreugde in hul lewens te bring.  Deel van die pret is ‘n Poppekas, kleingroep aktiwiteit, liedjies sing, onthou-versies en  -gedagte.  Ietsie te ete en te drinke is ook altyd deel van dié uitreik.
Projekleier:  Henry Stopforth                        083 229 1750            Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

*Olievenhoutbosch Bejaardesorg        (Olievenhoutbosch)
Tuisversorging aan chroniese siek persone. Vaardigheidsklasse met die oog op inkomste generering word aangebied.  Die bejaardes maak pragtige Afrika-geïnspireerde  inkopiesakke om ‘n inkomste te genereer of aan te vul.  
Projekleier:     Dr Elma Kruger     012-664 5754      Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

*Olievenhoutbosch Christian School  OCS     (Olievenhoutbosch)
Om geleenthede vir die kinders van Olievenhoutbosch te ontsluit word  kwaliteit grondslagfase-onderrig aangebied.  Dit is ook die enigste skool in die omgewing wat ‘n remedierende klas het.  Vrywilligers het die kans om op verskeie maniere te help, met die ontwikkeling en instandhouding van fasiliteite of kuns- en sport ontwikkeling.
Projekleier:     Johan van Vuuren      082 564 2545             Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

*THF Truth, Hope Faith Naskool         (Olievenhoutbosch)
Buiten funksionering as ‘n naskoolsentrum, is daar Selgroep, Leier-ontwikkeling en bemagtiging vir Hulpwerkers, Lewensvaardighede vir Hoërskoolleerders, Sport, Drama, Kuns en vele meer.  Dienste het aanvanklik begin by Olievenhoutbosch Christian school, maar word nou uitgebrei na Steve Tswete Hoerskool.
Projekleier:     Shaun Smee               082 491 4528           Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

THF Naskool Nuusbrief 2

Trust Hope Faith – Naskool.  Kom lees oor wat ons vrywilligers Michael, Rose en Cheeseboy te vertel het oor die uitdagings en lekker van hul onderskeie naskool groepies. Lewensveranderend beslis!!!

[THF Naskool Nuusbrief 2]

 

THF Naskool Nuusbrief 1

Trust Hope Faith – Naskool, se eerste Nuusbrief.  Jy word uitgenooi om te deel in hierdie lewensverandering ervaring. Hierdie projek is een van die vele projekte waar kerksondermure se lidmate van deel is.

[THF Naskool Nuusbrief 1]

 

   

JPAGE_CURRENT_OF_TOTAL

Inteken- area