Silentium Ondersteuningsgroep vir Verslaafdes
Laas Opdateer op Dinsdag, 18 Oktober 2011 15:21 Geskryf deur Rita Barnes Woensdag, 08 September 2010 18:18
'Ek is ʼn addict'

Die wyse manne sê glo as jy 10 000 ure in ʼn sekere professie ingesit het,
is jy professioneel daarin. Ek het van die ouderdom van 13 met dwelms en
alkohol begin eksperimenteer, so ek kan sê ek is ʼn professionele “addict”.

Die meeste van ons, lyk my is verslaaf aan iets – veral met ʼn nasie wat nogal hou van ‘oorboord’ gaan met alles. Baie glo verslawing gebeur net in ander families, maar iewers in elke familie ken ons ʼn oom, tannie, oupa of ouma wat verslaaf aan iets is of was, en partykeer maak ons selfs grappies tussen mekaar van daardie persoon. Meeste families verkies maar om hierdie kalante goed weg te steek.
Dit daar gelaat. Erken dat jy die verslawing aan jouself gedoen het - nie oor apartheid nie, nie oor die grens/weermag nie, nie oor ʼn fisieke probleem nie, ook nie omdat jy dalk arm grootgeword het nie. Ek glo dat as jy verstaan dat dit jou eie keuse was, begin jy met een oorwinningstap. Dit lyk tog vir my asof dit baie gaan oor die dissipline van grense. Ek glo dat ʼn mens se karakter bepaal word deur jou gewoontes en jou gewoontes bepaal word deur jou dissipline. As dit by verslawing kom is luiheid en uitstelgedrag, lyk my, groot maats.
Hoe baie keer het ons al die volgende gedagtes gehad?
-
Ek sal minder kompulsief “shopping” gaan doen ... (eers later)
-
Ek sal minder dobbel ... (eers later)
-
Ek sal minder oortyd werk ... (eers later)
-
Ek sal meer tyd met my familie spandeer ... (eers later)
-
Ek sal minder drink ... (eers later)
-
Ek sal aansluit by ʼn "gym" ... (eers later)
-
Ek sal ophou met dwelms ... (eers later)
-
Ek sal ophou met pornografie ... (eers later)

Die gedagtes wat ons vir onsself kweek, is om uit te stel – van uitstel
kom uitstel en nog ʼn keer uitstel tot dit draai by onherstelbaar! Dit is deur
die proses dat jy jou identiteit verloor. Die ergste leuens is die leuens wat ons
onsself vertel en dan begin ons te leef wat ons 'glo'. Dit is dan wanneer
jy hoor watter leuens verslaafdes hulself vertel:
-
My gedrinkery maak niemand seer nie.
-
Ek werk hard en verdien ʼn paar biere saam met my vriende.
-
My gedrinkery stop my nie om ʼn goeie pa te wees nie.
-
My vrou sal my nooit los nie.
-
Al my vriende doen dit.

Die realiteit is - jy maak die mense om jou seer en die kans
is goed dat jy hulle gaan verloor!
Waarom al hierdie goed vir julle vertel? Ons begin ʼn ondersteuningsgroep
waar ons verslaafdes wil help om hul lewens weer te herbou en as’t ware weer
terug te eien. Wanneer ons eers besef dit gaan oor meer as net ons, gaan ons
waarde in ander mense se lewens toevoeg; dit is daar waar God ons 'grense'
vergroot sodat ons ander kan raaksien in hulle 'oppadwees'.
Dis tyd om ander te help !

[Baie van dit wat ek geleer kom uit die boek: ‘
Breaking everyday addictions’ deur Dr. D Hawkins]
Ons ondersteuningsgroep se naam is Silentium wat ‘stillness’ beteken.
Ons kom elke Dinsdagaand van 19:00 tot 21:00 by
kerksondermure bymekaar. Kontak my gerus by
083-943-9200 of stuur 'n e-pos aan
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
.


