Laas Opdateer op Dinsdag, 27 September 2011 15:30 Geskryf deur Rita Barnes Donderdag, 08 April 2010 02:15
Visie
Om bystand en ondersteuning, deur middel van die verskaffing van
lewensnoodsaaklike middele in nood- en krisis-situasies te bied.
Missie
Professionele en etiese dienslewering ter bevordering van die emosionele,
geestelike en fisiese welstand van persone, ongeag ras, ouderdom, geslag of denominasie.
Doelstellings
Om ons werksaamhede, bronne en spesialisvaardighede te fokus op enige persoon in
finansiële nood en krisis; om verligting te bied in gevalle waar persone 'n onmiddelike
behoefte het aan kos, klerasie en/of verblyf en ander lewensnoodsaaklike middele;
om berading, terapie en/of ander lewensvaardigheidsprogramme aan te bied om
sodoende die lewensstandaard van persone te verbeter.
Kontak ons
Mariki van der Westhuyzen
Maatskaplike Werker en Berader
(012) 663-1610


