Text Size
Inteken

Maatskaplike sorg

maatskaplik

 

Bystand en ondersteuning aan persone in finansiële nood en krisis.

Emosionele en geestelike ondersteuning.

 



PROGRAMBESTUURDER :

Ria Mardon


Tel : (012) 663-1610 / 663-2003 X224


Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

 

 Kliek hier vir 'n Maatskaplike Sorg Hulpverlening Aansoekvorm

 

Prosedure ten opsigte van hulpverlening-aansoeke

 

1.       'n Aansoekvorm vir Maatskaplike Sorg Hulpverlening moet volledig deur die aansoeker voltooi word.

 

          - Bewyse van inkomste en uitgawes moet aangeheg word

          - Uiteensetting van behoeftes moet aangeheg word

          - Slegs volledig-voltooide aansoekvorms sal oorweeg word

 

2.       'n Persoonlike afspraak moet met die Maatskaplike Werker gereël word vir evaluering van behoeftes.

 

3.       Terugvoer sal tussen 3 en 5 werksdae aan die aansoeker voorsien word.

 

4.       Indien die aansoek goedgekeur is, geskied uitbetaling slegs per elektroniese oorbetaling op Woensdae en Vrydae na 12:00.

 

5.       Alle aansoeke om hulpverlening is onderworpe aan die Maatskaplike Sorg Hulpverleningsbeleid (Vorm V10 25/3/2011), soos goedgekeur deur die kerksondermure Leierspan.

 

Wat is 'Maatskaplike Sorg' ?

Visie
 
Om bystand en ondersteuning, deur middel van die verskaffing van
lewensnoodsaaklike middele in nood- en krisis-situasies te bied.
 
Missie
 
Professionele en etiese dienslewering ter bevordering van die emosionele,
geestelike en fisiese welstand van persone, ongeag ras, ouderdom, geslag of denominasie.
 
Doelstellings
 
Om ons werksaamhede, bronne en spesialisvaardighede te fokus op enige persoon in
finansiële nood en krisis; om verligting te bied in gevalle waar persone 'n onmiddelike
behoefte het aan kos, klerasie en/of verblyf en ander lewensnoodsaaklike middele;
om berading, terapie en/of ander lewensvaardigheidsprogramme aan te bied om
sodoende die lewensstandaard van persone te verbeter.
 
Kontak ons
 
Mariki van der Westhuyzen
Maatskaplike Werker en Berader
(012) 663-1610
 
 
 

Inteken- area