Enkelouerbediening

Lees meer oor die Enkelouerbediening !

  
Wat is die Enkelouerbediening ?
 
Die Netwerk vir Lewe Sentrum het die behoefte van enkel ma's en pa's om
by 'n bediening in te skakel waar ander se omstandighede min of meer dieselfde is,
raakgesien. Die Enkelouerbediening is nie net daar vir enkelouers nie,
maar ook vir enige ander enkelpersoon wat graag wil inskakel.
Lede van ander gemeentes is hartlik welkom om deel te wees
van die kerksondermure Enkelouerbediening!
 
 sun-love-jesus_1200_1024x768
 
 
Ons Visie
 
Om bystand en ondersteuning, deur middel van berading, terapie,
lewensvaardigheidsprogramme, opbouende praatjies, inligtingsessies,
persoonlike bemagtiging, sosiale byeenkomste en vele meer,
aan enige enkelpersoon in die Gemeente en Gemeenskap te bied.
 
Ons Missie
 
Professionele en etiese dienslewering ter bevordering van die emosionele,
geestelike en fisiese welstand van enkelpersone, ongeag ouderdom, geslag of denominasie.
 
Ons Doelstellings
 
Om ons werksaamhede, bronne en spesialisvaardighede te fokus op
enige enkelpersoon (met of sonder kinders) met 'n behoefte aan berading,
terapie, bystand en ondersteuning, sosialisering en lewensvaardigheidsopleiding.
 
 
Enkelouers2
 
 
Wat doen die Enkelouerbediening ?
 
Byeenkomste vind maandeliks by kerksondermure plaas - gewoonlik die laaste Vrydagaand van elke maand. Na gelang van die behoeftes en versoeke van enkelouers, reël ons professionele sprekers om inligtingsessies aan te bied wat 'n wye veld dek soos regsaspekte, finansies, verhoudings, ouerleiding, emosionele intelligensie en vele meer. Hierdie inligtingsessies word afgewissel met ligter luim aktiwiteite soos bring-en-braai's, speletjiesaande, teaterbesoeke, daguitstappies ens.
 
Met inligtingsessies, en afhangende natuurlik van die tema, stel ons 'n gratis kinderoppasdiens beskikbaar sodat ma of pa 'n blaaskansie kan kry.
 
Een van die hoogtepunte in die Enkelouerbediening is ons jaarlikse kamp! In Maart het sowat 40 ouers en kinders by Die Hoekie kampterrein buite Pretoria, 'n naweek van pret, skaterlag en 'n magdom van aktiwiteite beleef. Ons kon ook in die stilte van die natuur die wonder van God se Skepping aanskou en waardeer, en Hom saam met ons kinders loof en prys. Al het ons (seer) spiere ontdek wat ons nooit bewus was wat selfs bestáán nie, koester ons die nuwe vriendskappe wat ons kon sluit en waardeer ons mekaar soveel meer.  Die kamp was vir een en almal 'n lewensverrykende ervaring en het ons geleer om elkeen se unieke omstandighede en lewensstorie met liefde te aanvaar en respekteer.
 
 
Enkelouers5Enkelouers6Enkelouers8Enkelouers9
 
 
Ons moedig ook enkelouers aan om die jaarlikse gesinskamp by te woon - die 2010 Gesinskamp
vind plaas in Oktober en beloof om díe geleentheid van die jaar te wees! Akkommodasie,
of selfs tent/karavaanstaanplekke kan gedeel word om die finansiële las ligter te maak.
Hou die afkondigings dop vir meer inligting.
 
 
Enkelouers4Enkelouers3Enkelouers7Enkelouers10
 
 
Wat kos dit ?
 
Grotendeels, net daardie eerste stappie wat dit jou gaan neem om ons te kontak en aan te sluit!
 
Tydens bring-en-braai's bring jy net jou eie vleis en drinkgoed - die Enkelouerbediening
voorsien pap, sous, slaai en die vuur. Met inligtingsessies en ander uitstappies probeer
ons die kostes, indien enige, tot die absolute minimum beperk - ons verstaan immers dat
elke enkelouer hul sente om en om moet draai. Kampfooie word gedeeltelik deur die
Netwerk vir Lewe Sentrum gesubsidieer en enkelouers betaal slegs 'n persentasie van
die totale koste. Indien finansies selfs dán nogsteeds 'n probleem is, kan 'n aansoek
aan die Bedieningsleier gerig word wat dit persoonlik met die betrokke enkelouer sal opneem.
 
 
Enkelouers1
 
 
Hoe kan jy aansluit ?
 
of faks aan 086-617-5669 - ons plaas jou dan op die databasis en hou jou op hoogte
van al die Enkelouerbediening aktiwiteite en nuus.
Jy kan die Netwerk vir Lewe Sentrum ook direk skakel by (012) 663-1610
vir meer inligting, of kontak een van die Komiteelede :
 
Liezl Knott
Monica van der Merwe
Karen
Pieter Jordaan
 
Kompetisie
 
Het jy verborge talente, of 'n blink idee, of het 'n inspirasie jou beet ?
Ons wil graag 'n unieke naam en logo vir die Enkelouerbediening kry.
Daar is 'n prys op die spel wat nie te versmaaie is nie - 'n mid-week wegbreek
vir 4 persone by die ATKV Buffelspoort - spring gou, want die kompetisie eindig die einde van Mei.
 
Bronnelys
 
Het jy artikels of name van boeke, DVD's, webwerwe, rekenaarprogramme, ens. wat nuttig
ons wil graag 'n verwysingsraamwerk saamstel waarby ons almal kan baatvind.
 
Ander Idees
 
aktiwiteite en praatjies wat vir die enkelouers gereël kan word. Selfs al as jy weet van
goeie sprekers wat nie 'n arm en 'n been gaan kos nie, laat weet ons asb ?
 
 
 
Program vir die res van die jaar
(onderhewig aan verandering)
 
30 April
Praatjie : emosionele intelligensie
 
28 Mei
Kerrie en rys-aand
 
Junie
Skoolvakansie (enkelouers reël byeenkoms onder mekaar)
 
30 Julie
Sop en sjerrie-aand
 
17 Augustus
Praatjie : sterre en planete met RSG
 
29 September
Snoekbraai
 
8-10 Oktober
Gesinskamp
 
29 Oktober
Praatjie (Tema moet bevestig word)
 
27 November
Uitstappie
 
25 Desember
Kersete by kerksondermure
 
 
 
Restore Default Settings

Inteken- area