DivorceCare4Kids

DivorceCare4Kids - Reeks 1

Ons nooi alle laerskoolkinders wat geraak is deur egskeiding, om te kom deel in hierdie opwindende reeks van dertien sessies! Hierdie program is spesiaal aangepas om 'n emosioneel-veilige omgewing vir kinders te skep.
 
Kinders is natuurlik welkom om enige tyd by die programskedule in te skakel. Die sessies wat hulle gemis het, kan weer bygewoon word in die tweede reeks.
 
Reeks 1 van hierdie opbouende en lewensverrykende program begin op Dinsdagaand, 16 Februarie, en Reeks 2 op Dinsdagaand, 20 Julie.
 
Van die temas wat bespreek word is :
  • Woede
  • Hartseer
  • Skuldgevoelens
  • Vergifnis
  • Liefde vir albei ouers
  • En nog vele meer
 
Tyd : 18h00 tot 20h00 (Dinsdagaande)
Plek : kerksondermure, Jeuglokaal 1
Kostes : R150 eenmalige administrasiefooi per gesin. Indien die kind(ers) se ouer(s) ook inskakel by DivorceCare is geen addisionele fooie betaalbaar nie.
 
 
DivorceCare is gemik op volwassenes wat geskei is, of tans deur 'n egskeiding gaan.
 
Vir verdere inligting of bespreking, skakel Miriam by (012) 663-1610, of volg die skakel hier onder vir 'n inskrywingsvorm.
 
 
 
 
 
Restore Default Settings

Inteken- area