Laas Opdateer op Woensdag, 25 Januarie 2012 10:44 Geskryf deur Rita Barnes Maandag, 05 April 2010 21:20
Die Netwerk vir Lewe Sentrum bied 'n ontbytforum
en ondersteuningsnetwerk aan
vir persone tussen werke of werkloos.

Die forum dien ook as 'n bemarkingsdiens vir werksoekers
en werkgewers wat poste adverteer.

Werksoekers word genooi om 'n kort inligtingsvorm te voltooi
waarna hul ondervinding en kwalifikasies in die Beroepeblaadjie
geadverteer word.
Werkgewers met beskikbare poste kry ook die
geleentheid om poste gratis te adverteer in dieselfde blaadjie -
so bring ons werksoekers en werkgewers in kontak met mekaar om
sodoende 'n helpende hand na die Gemeente en Gemeenskap uit te reik.

Die forum word op Vrydagoggende vanaf 08h00
by kerksondermure (Hippolaan) en
Woensdagoggende vanaf 08h30 in Midstream by Doxa Deo
aangebied (uitsluitend skoolvakansies en openbare vakansiedae).
Tydens hierdie sessies word verskeie temas deur professionele
persone aangebied en bespreek en ontvang werksoekers gereelde opleiding
in vaardigheidsontwikkeling, loopbaanaangeleenthede, ens.
Vir enige navrae, kontak Inge van der Merwe (Programbestuurder) by
084-621-7670 / (012) 644-0545, of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


