Jacob's Well / Jakob se Put - Beroepsforum

Vir almal tussen werke en werkloos

 
 
Nuut_Beroepsforum      en    Nuut_Beroepeblaadjie
 
 

Die Netwerk vir Lewe Sentrum bied 'n ontbytforum

en ondersteuningsnetwerk aan

vir persone tussen werke of werkloos. 

 
Beroepe2
 

Die forum dien ook as 'n bemarkingsdiens vir werksoekers

en werkgewers wat poste adverteer.

 
Beroepe1
 
Werksoekers word genooi om 'n kort inligtingsvorm te voltooi
waarna hul ondervinding en kwalifikasies in die Beroepeblaadjie
geadverteer word. 
 
Werkgewers met beskikbare poste kry ook die
geleentheid om poste gratis te adverteer in dieselfde blaadjie -
so bring ons werksoekers en werkgewers in kontak met mekaar om
sodoende 'n helpende hand na die Gemeente en Gemeenskap uit te reik.
 
 
 
Beroepe3
 
 
Die forum word op Vrydagoggende van 08h00 tot 10h00
by kerksondermure aangebied, uitsluitend skloolvakansies
en openbare vakansiedae. 
 
Tydens hierdie sessies word verskeie temas deur professionele
persone aangebied en bespreek en ontvang werksoekers gereelde opleiding
in vaardigheidsontwikkeling, loopbaanaangeleenthede, ens.
 
Vir enige navrae, kontak Inge Nel (Projekleier) by
 
 
Kliek op die skakels hier onder vir die betrokke dokumente en/of vorms
 
 
 
 
 
 
BEROEPEBLAADJIES
 
 
 
 
Restore Default Settings

Inteken- area