Text Size
Inteken

Kinders

kinder

Hier verander lewens!

Ons missie is om God te verheerlik deur kinders maksimaal op hul ontwikkelingsvlak te bedien en tot volle dissipelskap in Jesus te lei sodat kinders, ouers en kleingroepleiers se lewens kan verander.

Ons fasiliteer volwaardige eredienste vir kinders wat weekliks parallel metdie volwasse kerk plaasvind.  Hiertydens word kinders op 'n gedifferensieerde en geintegreerde wyse bedien.  Volgehoue ouerbetrokkenheid speel deurgaans 'n belangrike rol.

CD's vir die opleiding van kinderbediengsleiers

CD’S VIR DIE OPLEIDING VAN KINDERBEDIENINGSLEIERS:

Die Op pad werk toe CD’s wat beskikbaar is vir opleiding van kinderbedieningsleiers is:

Op pad werk toe Deel 1:  Leef jou roeping

VOORBLAD_CD_ties_op_pad_werk_toe

Snitte is as volg:

Jy is geroep!
Hoekom kinderbediening?
Kinderbedineing:  ‘n opdrag van God
‘n Model vir kinderbediening
Die verloop van ‘n kindererediens
Ses G’s vir kleingroepe
Mondering van ‘n kinderbedieningsleier

 

FOTO            Op pad werk toe Deel 2:  Op pad met Jesus se liefde:  deel Sy liefde met ander

 

Snitte is as volg: 

Droom klein
Mik laag
Beweeg stadig
Mors soveel as wat jy kan

 

Op pad werk toe Deel 3:  ABC van kinderbediening

CD_ties_op_pad_werk_toe_ABC_2011 

Snitte is as volg:

Dankie vir jou diensbaarheid
Visie, missie, jaartema & waardes
Model & struktuur
Onderskeie kinderbedieninge
Kindereredienste
leierskap in kinderbediening
Wat is ‘n kleingroepleier
Take van ‘n kleingroepleier
‘n Gebed vir jou

 

Kinderbediening Kurrikulums

KINDERKERK KURRIKULUM

Die volgende opwindende kwartaal-kurrikulums in Afrikaans is beskikbaar en kan bestel word by kinderssondermure, kerksondermure, Posbus 7545, Centurion, 0046.  Vir meer inligting, skakel die jeugkantoor gedurende kantoorure by 012 663 2003 x 214:

 

Op pad met Jesus se liefde: GENESIS

Die GENESIS reeks handel oor die skepping, Kain & Abel, Noag, Abraham, Isak, Jakob en Josef. 

Kletsboeke:

Die skepping en Kain & Abel word as tuis Bybelstudie tussen ouer en kind aangebied in die kletsboek.  Illustrasies is deur Anne Stadler en is ‘n lus vir die oog!  Die kletsboek dien as ‘n Bybelstudieboek gedurende die week en ‘n aktiwiteitsboek Sondae tydens kinderkerk.  Dit kan ook as ‘n inkleurboek gebruik word.  Die inhoud van die elke tema word as volg aangebied:  Bybelgedeeltes, onthou-vers, onthou-gedagte, Bybelverhaal vertaal op die kind se begripsvlak, koerantnuusberig, het jy geweet, gesels met pa en ma, gebed, iets lekker om te doen, kleingroepaktiwiteit (net lg. word tydens kinder-eredienste gedoen – die res is vir gebruik tuis).

Handleidings:

Lesaanbiedingsmateriaal maak vir 6 kinder-eredienste voorsiening waartydens die volgende temas uiteengesit word:  Noag, Abraham, Isak, Jakob, Josef & ‘n kwartaalsamevatting en -afsluiting.  Elke leseenheid maak voorsiening vir die volgende:  Bybelgedeelte, onthou-vers, onthou-gedagte, uitkoms, hulpmiddels vir grootgroepaanbeiding en kleingroepaktwiteit, voorbereidings voor die erediens in aanvang neem, ‘n gedetailleerde uiteensetting van die grootgroepaanbieding met ‘n oorsig, inleiding, boodskap en slot, ‘n volledige uiteensetting van die kleingroepaktiwiteit op grond van die 6 G’s:  gebed, groet, getuig, gee, groei, gebed. 

Leiersgids & geïllustreerde kletsboek vir Peuters 3 - 4 jr Leiersgids & geïllustreerde kletsboek vir Kleuters 4 - 5 jr

Kurr1steKwartaal_Peuters

Kurr1steKwartaal_Kleuters
 
Leiersgids & geïllustreerde kletsboek vir Juniors in Gr.1 - 3 Leiersgids & geïllustreerde kletsboek vir Seniors in Gr.4 - 6

Kurr1steKwartaal_Juniors

Kurr1steKwartaal_Seniors

 

Op pad met Jesus se liefde:

PAASFEES, OPSTANDING & DIE EERSTE KERK

Die PAASFEES reeks handel oor die volgende temas:

Op pad na die kruis; op pad na Jesus wat leef, op pad na ander wat Jesus nie ken nie, op pad na ‘n groter familie, op pad met jou storie.

Kletsboeke:

Die kletsboeke is ontwikkel om as ‘n Bybelstudieboek, kletsboek, aktiwiteitsboek en inkleurboek te dien en word Sondae tydens kinderkerk gebruik.  Pragtige en kreatiewe illustrasies is gedoen deur Anne Stadler.  Die inhoud van die elke tema word as volg aangebied:  GPS:  onthou-vers & onthou-gedagte; Padkaart: Bybelgedeeltes; Padkos: Uit die Woord; Reisburo:  Het jy geweet;  Padlangs:  Gesels met pa en/of ma; Padstalletjie:  gebed;  Reisigerstjek:  aktiwiteit vir kinderkerk.

Handleidings:

Lesaanbiedingsmateriaal maak vir 5 kinder-eredienste voorsiening waartydens die volgende temas uiteengesit word: Op pad na die kruis; op pad na Jesus wat leef, op pad na ander wat Jesus nie ken nie, op pad na ‘n groter familie, op pad met jou storie.  Elke leseenheid maak voorsiening vir die volgende:  GPS:  onthou-gedagte & onthou-vers;  Padkaart:  Bybelgedeeltes;  Bestemming:  uitkoms; Brandstof:  hulpmiddels vir grootgroepaanbieding en kleingroepaktwiteit; Padkos:  ‘n gedetailleerde uiteensetting van die grootgroepaanbieding met ‘n oorsig, inleiding, boodskap en afsluiting en ‘n Reistas: ‘n volledige uiteensetting van die kleingroepaktiwiteit op grond van die 6 G’s:  gebed, groet, getuig, gee, groei, gebed. 

Leiersgids vir Peuters 3 - 4 jr Kletsboek vir Peuters 3 - 4 jr

Kurr2deKwartaal_PeuterLeiersgids

Kurr2deKwartaal_PeuterKletsboek

Leiersgids vir Kleuters 4 - 5 jr Kletsboek vir Kleuters 4 - 5 jr

Kurr2deKwartaal_KleuterLeiersgids

Kurr2deKwartaal_KleuterKletsboek

Leiersgids vir Juniors Gr.1 - 3 Kletsboek vir Juniors Gr.1 - 3

Kurr2deKwartaal_JuniorLeiersgids

Kurr2deKwartaal_JuniorKletsboek

Leiersgids vir Seniors Gr.4 - 6 Kletsboek vir Seniors Gr.4 - 6

Kurr2deKwartaal_SeniorLeiersgids

Kurr2deKwartaal_SeniorKletsboek

 

EK IS NUUT!

Die EK IS NUUT reeks uit Kolossense handel oor die volgende temas:

Op jou merke, gereed, gaan; My ou lewe:  net Jesus kan my red; My ou lede: sonde; My nuwe lewe:  meer soos Jesus;  My nuwe lewe:  nuwe klere;  My nuwe lewe:  familie-reëls; My nuwe lewe:  geloof, hoop, liefde.

CD’s VIR KINDERS:

‘n Op-pad-skool-toe CD met 35 snitte van min of meer 3 minute om die boodskap wat Sondae hanteer word gedurende die week te bevestig – alles terwyl kinders op pad is skool toe!  Die CD is vol lekker luister stories, Bybelse waarhede en lewensveranderende gedagtes. 

Handleidings:

Lesaanbiedingsmateriaal maak vir 7 kinder-eredienste voorsiening waartydens die volgende temas uit Kolossense uiteengesit word: Op jou merke, gereed, gaan; My ou lewe:  net Jesus kan my red; My ou lede: sonde; My nuwe lewe:  meer soos Jesus;  My nuwe lewe:  nuwe klere;  My nuwe lewe:  familie-reëls; My nuwe lewe:  geloof, hoop, liefde.  Elke leseenheid maak voorsiening vir die volgende:  Onthou-gedagte, onthou-vers, Uitkoms, Hulpmiddels vir grootgroepaanbieding en kleingroepaktwiteit; ‘n gedetailleerde uiteensetting van die grootgroepaanbieding en ‘n volledige uiteensetting van die kleingroepaktiwiteit op grond van die 6 G’s:  gebed, groet, getuig, gee, groei, gebed. 

Leiersgids vir Peuters 3 - 4 jr Leiersgids vir Kleuters 4 - 5 jr

Kurr3deKwartaal_PeuterLeiersgids

Kurr3deKwartaal_KleuterLeiersgids

Leiersgids vir Juniors in Gr.1 - 3 Leiersgids vir Seniors in Gr.4 - 6

Kurr3deKwartaal_JuniorLeiersgids

Kurr3deKwartaal_SeniorLeiersgids

CD vir Peuters & Kleuters 3 - 6 jr CD vir Juniors & Seniors Gr.1 - 6

Ek_is_nuut_BUITEBLAD_peuterskleuters

Ek_is_nuut_BUITEBLAD_JnrSnr

  

KERSFEES – ‘n JESUSFEES VIR ALMAL

Die KERSFEES – ‘n JESUSFEES VIR ALMAL reeks handel oor Kersfees – vir almal bedoel!  Dit strek oor 2 kinderkerk-Sondae en die teks is geïntegreer met kersfeesliedere. 

CD’s VIR GR 1 – 6 KINDERS:

‘n Op-pad-skool-toe CD met 25 snitte van min of meer 3 minute elk wat afgewissel word met kersliedere om die boodskap wat Sondae hanteer word gedurende die week te bevestig – alles terwyl kinders op pad is skool toe!  Die CD is vol lekker luister stories, Bybelse waarhede en lewensveranderende gedagtes oor Kersfees.

KERSFEES INKLEURPRET & AKTIWITEITSBOEK VIR PEUTERS & KLEUTERS:

JESUS IS DIE BESTE PERSENT is ‘n Kersfees inkleurpret en aktiwiteitsboekie vir 3 – 6 jarige kinders.  Die Kersverhaal word aangebied geïntegreerd met die mooiste illustrasies deur Anne Stadler.     

Handleidings:

Lesaanbiedingsmateriaal maak vir 2 kinder-eredienste voorsiening waartydens die Kersverhaal aangebied word.  Beide eredienste handel oor kersfees: ‘n Jesusfees vir almal!  Elke leseenheid maak voorsiening vir die volgende:  Onthou-gedagte, onthou-vers, Uitkoms, Hulpmiddels vir grootgroepaanbieding en kleingroepaktwiteit; ‘n gedetailleerde uiteensetting van die grootgroepaanbieding en ‘n volledige uiteensetting van die kleingroepaktiwiteit op grond van die 6 G’s:  gebed, groet, getuig, gee, groei, gebed. 

Leiersgids vir Peuters 3 - 4 jr Leiersgids vir Kleuters 5 - 6

Kurr4deKwartaal_3-4faarLeiersgids

Kurr4deKwartaal_5-6jaarLeiersgids

Leiersgids vir Juniors in Gr. 1 - 3 Leiersgids vir Seniors in Gr. 4 - 6

Kurr4deKwartaal_gr1-3jaarLeiersgids

Kurr4deKwartaal_gr4-6Leiersgids

Kersfees inkleurpret & aktiwiteitsboek
vir Peuters & kleuters 3 - jr

CD vir Juniors & Seniors Gr.1 - 6

Kurr4deKwartaal_PeuterKleuterKletsboek

Op_pad_skool_toe_Geseende_Kersfees2010druk

 

DIE SJOKOLADE-BRIGADE

Die Sjokolade-brigade reeks handel oor die volgende temas:  hier verander lewens, Verskeidenheid: een ligaam, baie lede; Volgelinge:  ek volg Jesus; Verhoudings: God, ek, ander; Vernuwing:  Jesus maak my nuut; Vervulling:  Jesus maak my vol van Hom.

CD’s VIR KINDERS:

‘n Op-pad-skool-toe CD met 24 snitte van min of meer 3 minute om die boodskap wat Sondae hanteer word gedurende die week te bevestig – alles terwyl kinders op pad is skool toe!  Die CD is vol lekker luister stories, Bybelse waarhede, lofliedere en lewensveranderende gedagtes. 

Handleidings:

Lesaanbiedingsmateriaal maak vir 6 kinder-eredienste voorsiening waartydens die volgende temas uiteengesit word: hier verander lewens, Verskeidenheid: een ligaam, baie lede; Volgelinge:  ek volg Jesus; Verhoudings: God, ek, ander; Vernuwing:  Jesus maak my nuut; Vervulling:  Jesus maak my vol van Hom.  Elke leseenheid maak voorsiening vir die volgende:  Bybelgedeelte, sentrale boodskap, uitkoms, Benodigdhede vir die grootgroepaanbieding en kleingroepaktwiteit; onthou-vers en ‘n gedetailleerde uiteensetting van die grootgroepaanbieding en ‘n uiteensetting van die kleingroepaktiwiteit op grond van die 6 G’s:  gebed, groet, getuig, gee, groei, gebed. 

Leiersgidse vir Peuters 3 - 4 jr Leiersgidse vir Kleuters 5 - 6 jr

Kurr2sjokolade_3-4jaarLeiersgids

Kurr2sjokolade_5-8jaarLeiersgids

Leiersgidse vir Juniors in Gr.1 - 3 Leiersgidse vir Seniors in Gr.4 - 6

Kurr2sjokolade_Gr1-3Leiersgids

Kurr2sjokolade_Gr4-6Leiersgids

CD vir Peuters & Kleuters 3 - 6 jr CD vir Juniors & Seniors Gr.1 - 6

Op_pad_skool_toe_Jesus_verander_lewens_1ste_kwartaaldruk

Op_pad_skool_toe_gr1-6Jesus_verander_lewens_1ste_kwartaaldruk

DIE KITSKOS-KêRELS:  Gebed is nie ‘n kitskos-resep nie!

Die kitskos-kêrels strek oor 4 lesse en handel oor gebed.  Dit bied 4 sub-temas wat ‘n “boiler room” insluit op ‘n prettige wyse aan.  In die eerste les word ‘n bid-burger gebou met die volgende gebeds-bestandele:  wat, waar, wanneer, waarom, wie.  Dan kom kuier Mac wie se hart vir kitskos klop wat die kinders begelei om by Jesus se hartklop uit te kom.  Hierna word die Onse Vader gebedsresep gevolg met lipleklekker gevolge.   Wimpie van die Wimpy, Mac van MacDonalds en die kolonel van KFC kom kuier tot groot vermaak van die kinders!

Handleidings:
 
Die handleidings vir kinderbedieningsleiers maak vir 4 kinder-eredienste voorsiening.  Dit sluit telkens materiaal vir die grootgroepbediening asook kleingroepaktwiteite per leseenheid in. 

CD’s VIR KINDERS:

‘n Op-pad-skool-toe CD met snitte van min of meer 3 minute om die boodskap aangaande gebed wat Sondae hanteer word gedurende die week te bevestig.  Dit is ‘n CD met stories, herhaling van onthou-verse, toepassings in ons elke dag se lewe en hope lewensveranderende Bybelse waarhede.

7 WOW Water-Wonders in die Woord

Die 7 Wow Water-Wonders in die Woord-reeks sluit wow handleidings vir wow kinderbedieningsleiers met wow lesse uit die Woord in.  Dit bestaan uit ‘n 7-lesreeks en is gemik daarop om kinders weer by die WOW van die Woord uit te bring.


Handleidings:
 
Die handleidings vir kinderbedieningsleiers maak vir 7 kinder-eredienste voorsiening. 
Die lesse is:  God se gestuurde op woeste waters (Noag), Water vir Afrika –  verskonings se moses (Moses), Water-wonder wys wie’s Baas (Elia), Water-wonders is God se werk (betekenis van die doop), Wonder-visvangs – ‘n wow water-wonder (groot visvangs), Wilde, woeste westewind-wonder (Jesus maak die storm stil), Wow water-wonders in die Woord (Jesus loop op die water en “boiler room” as oorsig oor die bogenoemde 6 lesse).  Die materiaal sluit ‘n stap-vir-stap uiteensetting vir die grootgroepbediening asook kleingroepaktwiteite per leseenheid in. 

SUPER SPOOR-SNYERS:  Spore in die Stofpad

Die spoorsnyers-reeks is ‘n heerlike handleiding vir kinderbedieningsleiers met 3 Kersfeeslesse wat op ‘n opwindende wyse aangebied word.  In elke leseenheid kom dieselfde komponente voor:  spore gevind; super spoorsnyers, siedaar, storie-tyd en spore wat jy trap. 

Handleidings:
 
Die handleidings vir kinderbedieningsleiers maak vir 3 kinder-eredienste voorsiening. 
Die temas is:  voetspore wat ons red (Jesus se spore van krip tot kruis tot kroon, Jesus se geboorte), spore van groot blydskap (die skaapwagters se verhaal), spore tot by die ster (die sterrekykers volg die ster tot by die krip).  Dit sluit telkens materiaal vir die grootgroepbediening asook kleingroepaktwiteite per leseenheid in. 

CD’S VIR DIE OPLEIDING VAN KINDERBEDIENINGSLEIERS:

Die Op pad werk toe CD’s wat beskikbaar is vir opleiding van kinderbedieningsleiers is:

Op pad werk toe Deel 1:  Leef jou roeping

Snitte is as volg:

Jy is geroep!
Hoekom kinderbediening?
Kinderbedineing:  ‘n opdrag van God
‘n Model vir kinderbediening
Die verloop van ‘n kindererediens
Ses G’s vir kleingroepe
Mondering van ‘n kinderbedieningsleier

Op pad werk toe Deel 2:  Op pad met Jesus se liefde:  deel Sy liefde met ander

Snitte is as volg:

Droom klein
Mik laag
Beweeg stadig
Mors soveel as wat jy kan

Op pad werk toe Deel 3:  ABC van kinderbediening

Snitte is as volg:

Dankie vir jou diensbaarheid
Visie, missie, jaartema & waardes
Model & struktuur
Onderskeie kinderbedieninge
Kindereredienste
leierskap in kinderbediening
Wat is ‘n kleingroepleier
Take van ‘n kleingroepleier
‘n Gebed vir jou

Kinders se spiritualiteit & Geestelike Groei:  ‘n CD vir pa & ma, oupa & ouma, onderwysers & kinderbedieningsleiers

Snitte is as volg:

Snit 1 – Inleidende liriek
Snit 2 – Wie se werk is kinderbediening?
Snit 3 – Hoekom kinderbediening?
Snit 4 – Kinderbediening is ononderhandelbaar
Snit 5 – Kinderbediening aan 0 – 2 jarige babas
Snit 6 – Kinderbediening aan 3 – 4 jarige peuters
Snit 7 – Kinderbediening aan 5 – 6 jarige kleuters
Snit 8 – Kinderbediening aan Gr 1 – 3 kinders
Snit 9 – Kinderbediening aan Gr 4 – 7 kinders
Snit 10 – Hoe lei ek ʼn kind tot oorgawe?

   

Kinderdienste- Lokale & Tye

Tye Ouderdom Naam van bediening Lokaal
08:00 | 10:00 0 - 2 jaar Doekdra vir Jesus (Bababediening) Bababedieningslokaal (Seminaarlokaal 2)
08:00 | 10:00 3 - 4 jaar Soldaatjies vir Jesus (Peuterbediening) Peuterbedieningslokaal (Langs moederskamer)
08:00 | 10:00 5 - 6 jaar KoningsKleuters (Kleuterbediening) Kleuterbedieningslokaal (Langs braai-area)
08:00 | 10:00 Graad 1 - 3 Dapper Stappers (Juniorbediening) Jeugouditorium
08:00 | 10:00 Graad 4 - 6 Tweens  (Seniorbediening) Senior bedieningslokaal (Langs braai-area)
09:30 Graad 7 Kinder EE III Wit en blou tent (agter die braai-area)
   

Inteken- area