Bedieninge

 
 

DivorceCare - 2013

Wat is DivorceCare ?

 

DivorceCare is 'n groep vriendelike, omgee-mense wat saam met jou

deur een van die lewe se moeilikste ervarings sal stap.

Jy hoef nie alleen deur skeiding of egskeiding te gaan nie.

 

DivorceCare sessies of ondersteuningsgroepe word gelei deur mense wat

verstaan wat jy deurmaak! Jy sal toegang verkry tot waardevolle DivorceCare

hulpbronne wat jou sal help om die pyn van die verlede, of die pyn wat jy

tans beleef, te hanteer en jou lewe te herbou. Daar is selfs 'n reeks (DivorceCare4Kids)

wat spesifiek gemik is op Laerskoolkinders wat ook deur skeiding of egskeiding geraak word.

 

divorce

 

Ons nooi dus elkeen wat geskei is, of tans deur 'n egskeiding gaan, om te kom

deel in hierdie reeks van dertien sessies! Die reeks word 2 keer per jaar

by kerksondermure Hippolaan en -Midstream aangebied.

 

Hippolaan

Tyd : Dinsdagaande om 18h00

Reeks 1 begin 5 Februarie 2013, en

Reeks 2 begin 23 Julie 2013

 

Midstream (Mount Quarryweg)

Kontak ons vir verdere inligting

 

Jy is natuurlik welkom om enige tyd by die programskedule in te skakel.

Die sessies wat jy gemis het, kan weer bygewoon word in 'n volgende reeks.

 

berading09

 

Kostes : R300 eenmalige administrasiefooi (sluit 'n werkboek en ligte verversings in)

Indien jou kind(ers) ook inskakel by DivorceCare4Kids, is slegs R100 administrasiefooi per kind betaalbaar.

'n Gratis kinderoppasdiens is beskikbaar vir voorskoolse kleingoed.

 

Van die temas wat bespreek word is :

 

Woede

Depressie

Eensaamheid

Nuwe verhoudings

Finansies

Kinders

Vergewing

Rekonsiliasie

En nog vele meer !

Vir verdere inligting, skakel Marietha by (012) 663-1610,

of volg die skakels hier onder vir 'n verkorte uitnoding en registrasievorm.


[Program en Registrasievorm vir DivorceCare Hippolaan]

[Program en Registrasievorm vir DivorceCare Midstream] Kontak ons vir inligting !

 

DOOP-REGISTRASIE

kerksondermure help jou graag met die voorbereidingsproses om die doop te verstaan en dan ook hierdie wonderlike aksie uit te voer.

Doop Inligting

Doopregistrasievorm.pdf

Doopdienste 2013

Kontak persoon:

Elize van Staden
012 663 2003 x215

elize@ksm.co.za 

"Kerksondermure het my gehelp om my voete te vind en Jesus te ontmoet - ewig dankbaar!"

Hannelie Kruger, Midstream

Belangrike Inligting

  • Preekrooster

  • Nuwe Lidmate

  • Vakante poste

kerksondermure het opwindende, boeiende en geleerde sprekers wat telkens nuwe lewe in die gemeente in spreek met 'n fondasievaste Woord-gefundeerde grondslag.

Kalender inligting ook hier beskikbaar.

Lees verder

Baie welkom by kerksondermure se nuwelidmaat blad. U belangstelling om deel te wees van ons geloofsfamilie word opreg waardeer.

  Kliek hier om die lidmaatskapvorm af te laai >> Nuwelidmaatvorm 2012.pdf

Besoek die blad op 'n gereelde basis vir beskikbare vakatures by kerksondermure.

Publikasies

Hartklop - Mei 2013 Hartklop - Mei 2013

  Open publication - Free publishing - More hartklop

More detail
 
 

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het hy vir ons ‘n ander naam gegee – kerksondermure. ‘n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Neem kennis

Nuwe Eredienstye by
Midstream:

08:00 & 10:00

Gr7's se dienstye skuif ook na
Sondae middae om 16:45 - 17:45

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en navrae
+27 (0)12 663 2003
info@ksm.co.za

Bankbesonderhede 

kerksondermure
ABSA
2890580095
Verwysing:  naam en waarvoor

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180

Jy is hier: Home Persoonlike Sorg DivorceCare DivorceCare - 2013
feedback

Meningsopname

JOU INSETTE TEL 

Dankie vir jou belangstelling.  Kyk gerus uit vir die volgende meningsopname