Bedieninge

 
 

Depressie - daar is hoop !

 

DEPRESSIE – Daar is hoop!

 

Hier’s my storie

 

Dit het gedurende my kinderjare begin - nagte lank het ek omgehuil en

angs het my kinderhart laat krimp. My dierbare ouers het nooit daarvan

geweet nie, want in kinderlike onskuld het ek geglo dis maar net 'n “gevoel” wat verby sal gaan.

Min het ek egter geweet watter geweldige invloed dit op my volwasse lewe sou hê !

 

Berading05

 

Deur die jare het hierdie “donker” gevoel toegeneem, tot so 'n mate dat normale

aktiwiteite soos eet, slaap, werk, intimiteit en net gewone daaglikse

funksionering te veel was vir my. Ek was huilerig, wou nie mense sien nie, het

nie die telefoon beantwoord nie, en wou ook glad nie sosiale geleenthede bywoon nie.

Menige oggend wou ek net die kombers oor my kop trek en nie uit die bed opstaan nie ...

die voëltjies het nie vir my gesing nie en die son het nie vir my geskyn nie !

 

Alhoewel God my met 'n wonderlike man en twee pragtige seuns geseën het, het ek

op 'n dag besluit - tot hiertoe toe en nie verder nie - ek gaan 'n einde hieraan maak.

Die geleentheid het homself voorgedoen een oggend oppad werk toe; die swaargelaaide

baksteentrok het dwars in die pad gestaan - ek was moeg gestoei met hierdie “doodse” gevoel,

wat die lewe stadig maar seker uit my gedruk het. Toe ek egter in my tru-spieëltjie kyk,

was my man en twee seuntjies agter my in 'n ander motor - ek het nie

die moed gehad om vóór my kinders selfmoord te pleeg nie!

Na 'n lang pad van baie seer en vele besoeke aan psigiaters en sielkundiges, is ek in my

laat dertiger jare vir die eerste keer korrek gediagnoseer met ernstige depressie en 'n angsversteuring.

Ek is op toepaslike medikasie geplaas en met die hulp van God, baie gebed,

sinvolle berading en die onvoorwaardelike liefde van my man, kon ek stadig begin "leef".

 

Dinge was egter nie skielik net maanskyn en rose nie, want die woord “depressie” is nie

sommer in die openbaar gebruik nie; werkgewers het getwyfel in my vermoëns en mense

het my skeef aangekyk, terwyl ek worstel met 'n lae selfbeeld, verwerping en min selfvertroue!

Daar is dikwels aan my gesê:

  • “Kry net eers jou verhouding met Jesus reg;

  • “Ruk jouself reg môre skyn die son weer”;

  • “It's all in the mind”; en

  • “Dis net lafaards wat selfmoord pleeg...”.

 

Goddank, Jesus veroordeel nie en kyk genadiglik dieper as 'n mens !

Hy het my gedra, toe ek nie meer kon of wou nie...

 

Ek kén die pyn en eensaamheid van depressie, omdat mense ondeurdagte

kommentaar lewer, raadgee of teregwys. Daagliks ervaar ek egter nogsteeds

'n leemte en onkundigheid in ons samelewing en mis ek die ondersteuning

van ander, omdat ek ook nog, elke nou en dan, “af” dae beleef.

 

NvLAlg04

 

Ek vra jou nou: “Het jy 'n behoefte aan 'n drukkie, 'n skouer om op te huil,

'n oor om te luister of sommer net aan morele ondersteuning? Dan wil ek uit my hart uit,

aan élkeen wat gebuk gaan onder depressie, die volgende woorde van bemoediging gee:

DAAR IS HOOP!

 

Grieta van der Walt

 

Kontak my gerus by 083-381-1027 of hoop@ksm.co.za

en word deel van die Netwerk vir Lewe Depressie-Ondersteuningsgroep.

 

 

DOOP-REGISTRASIE

kerksondermure help jou graag met die voorbereidingsproses om die doop te verstaan en dan ook hierdie wonderlike aksie uit te voer.

Doop Inligting

Doopregistrasievorm.pdf

Doopdienste 2013

Kontak persoon:

Elize van Staden
012 663 2003 x215

elize@ksm.co.za 

"Kerksondermure het my gehelp om my voete te vind en Jesus te ontmoet - ewig dankbaar!"

Hannelie Kruger, Midstream

Belangrike Inligting

  • Preekrooster

  • Nuwe Lidmate

  • Vakante poste

kerksondermure het opwindende, boeiende en geleerde sprekers wat telkens nuwe lewe in die gemeente in spreek met 'n fondasievaste Woord-gefundeerde grondslag.

Kalender inligting ook hier beskikbaar.

Lees verder

Baie welkom by kerksondermure se nuwelidmaat blad. U belangstelling om deel te wees van ons geloofsfamilie word opreg waardeer.

  Kliek hier om die lidmaatskapvorm af te laai >> Nuwelidmaatvorm 2012.pdf

Besoek die blad op 'n gereelde basis vir beskikbare vakatures by kerksondermure.

Publikasies

Hartklop - Mei 2013 Hartklop - Mei 2013

  Open publication - Free publishing - More hartklop

More detail
 
 

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het hy vir ons ‘n ander naam gegee – kerksondermure. ‘n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Neem kennis

Nuwe Eredienstye by
Midstream:

08:00 & 10:00

Gr7's se dienstye skuif ook na
Sondae middae om 16:45 - 17:45

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en navrae
+27 (0)12 663 2003
info@ksm.co.za

Bankbesonderhede 

kerksondermure
ABSA
2890580095
Verwysing:  naam en waarvoor

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180

Jy is hier: Home Persoonlike Sorg Depressie Ondersteuningsgroep Depressie - daar is hoop !
feedback

Meningsopname

JOU INSETTE TEL 

Dankie vir jou belangstelling.  Kyk gerus uit vir die volgende meningsopname