Laas Opdateer op Vrydag, 14 Januarie 2011 09:03 Geskryf deur Rita Barnes Saterdag, 06 Februarie 2010 22:51
Ons nooi alle laerskoolkinders wat geraak is deur egskeiding, om te kom deel in hierdie opwindende reeks van dertien sessies! Hierdie program is spesiaal aangepas om 'n emosioneel-veilige omgewing vir kinders te skep.
Kinders is natuurlik welkom om enige tyd by die programskedule in te skakel. Die sessies wat hulle gemis het, kan weer bygewoon word in die tweede reeks.
Reeks 1 van hierdie opbouende en lewensverrykende program begin op Dinsdagaand, 8 Februarie 2011, en Reeks 2 op Dinsdagaand, 26 Julie 2011.
Van die temas wat bespreek word is :
- Woede
- Hartseer
- Skuldgevoelens
- Vergifnis
- Liefde vir albei ouers
- En nog vele meer
Tyd : 18h00 tot 20h00 (Dinsdagaande)
Plek : kerksondermure (Hippolaan Reeks 1 en 2, Midstream Reeks 2)
Kostes : R200 eenmalige administrasiefooi per gesin. Indien die kind(ers) se ouer(s) ook inskakel by DivorceCare is slegs R50 administrasiefooi per kind betaalbaar.
DivorceCare is gemik op volwassenes wat geskei is, of tans deur 'n egskeiding gaan.
Vir verdere inligting of bespreking, skakel Marietha by (012) 663-1610, of volg die skakel hier onder vir 'n inskrywingsvorm.


