Tienerbediening
- In: Bedieninge
- Trefslae: 3757
![]() |
|
Tienerbediening Koordineerder Facebook: Tienerbediening kerksondermure Tienerpredikant |
Sondag Program |
|
Hippolaan: Belydenisklas (Gr 11) - Rooisaal Selgroep (Gr 8 - 10) Belydenisklas (Gr 11) |
Tienerbediening |
|
kerksondermure het die voorreg om ‘n groot groep tieners elke Sondag te kan bedien. By Hippolaan word die Tienerbediening hoofsaaklik in twee dele verdeel. Die Belydenisklas geskied van 17:00 tot 18:00 waarna die tieners aangemoedig word om die aanddiens by te woon. Die Graad 8 tot 10’s het elke week ‘n Kleingroepbyeenkoms wat voorafgegaan word deur ʼn grootgroep Kuierkerk. Hierdie Kuierkerk vind plaas van 17:30-18:30. Elke diens het Praise en Worship wat deur kerksondermure se eie Tienerband gelei word. Die Tienerbediening se fokus is om weg te beweeg van ʼn onderwysmodel na ʼn fasiliteerdersmodel. Tydens elke kleingroepbyeenkomste word daar gefokus op die 5 waardes nl. Gebed, Getuig, Geniet, Groei en Gee. Die preek tema in die Kuierkerk sluit aan by die kleingroepbyeenkoms en daarom is dit belangrik dat kinders teenwoordig is by beide die geleenthede! By ons Midstream Tienerbediening word die belydenisklas ook voorafgegaan met die kuierkerk van 17:00-18:00. By kerksondermure is die Belydenisjaar in die tieners se Graad 11 jaar. Daar is ʼn geleentheid waar ʼn Kleingroepbyeenkoms een keer per week plaasvind. Elke tiener is in ʼn groep ingedeel waar hy/sy ʼn verhoudingspad saam met ʼn toegewyde Groepleier stap. Die Belydenisjaar word afgesluit met ʼn verpligte kamp. In die Tieners se Graad 12 jaar is daar vyf geleenthede waar die keuse uitgeoefen kan word vir die Belydenisaflegging. Tienerbediening fokus daarop dat die tieners en ook die Groepleiers meer betrokke raak by Uitreike. ʼn Hele paar uitreikgeleenthede word deur die jaar geskep waar die jongmense kan inskakel en ook so leer deur betrokke te raak en meer van hulself te gee. Ons beskik ook oor ʼn tiener hulplyn, wat tieners oor whatsapp en BBM kan kommunikeer en die nodige ondersteun kan kry. Hoe kan jy as volwasse betrokke raak?
|
|
|



JOU INSETTE TEL