Maatskaplike sorg

Bystand en ondersteuning aan persone in finansiële nood en krisis.
Emosionele en geestelike ondersteuning.
PROGRAMBESTUURDER:
Ria Mardon
012 663 1610/ 663-2003 X224
maatskaplik@ksm.co.za
Maatskaplike Sorg Hulpverlening Aansoekvorm.pdf
Prosedure ten opsigte van hulpverlening-aansoeke
1. 'n Aansoekvorm vir Maatskaplike Sorg Hulpverlening moet volledig deur die
aansoeker voltooi word.
- Bewyse van inkomste en uitgawes moet aangeheg word
- Uiteensetting van behoeftes moet aangeheg word
- Slegs volledig-voltooide aansoekvorms sal oorweeg word
2. 'n Persoonlike afspraak moet met die Maatskaplike Werker gereël word vir
evaluering van behoeftes.
3. Terugvoer sal tussen 3 en 5 werksdae aan die aansoeker voorsien word.
4. Indien die aansoek goedgekeur is, geskied uitbetaling slegs per elektroniese
oorbetaling op Woensdae en Vrydae na 12:00.
5. Alle aansoeke om hulpverlening is onderworpe aan die Maatskaplike Sorg
Hulpverleningsbeleid (Vorm V10 25/3/2011), soos goedgekeur deur die
kerksondermure Leierspan.
- In: Maatskaplike sorg
- Trefslae: 666


JOU INSETTE TEL