Groenbediening

groen

Ekologie en die kerk.


PROGRAMBESTUURDER:
Frans Labuschagne
082 469 0624
groen@ksm.co.za

Nuut_GroenBediening

Lees meer oor die Groenbediening !

 
groen8
  
van Walter Rauschenbusch uit die Groot Gebedeboek :
 
Alle eer aan U, Kunstenaar-God!
Here, God, ek dank U vir hierdie aarde, ons tuiste;
vir die wye hemelruim en die geseënde son;
vir die sout see en vir lopende water;
vir die ewige berge en die rustelose winde;
vir bome en blomme en struike en die gras onder ons voete.
Dankie dat U ons met sintuie geskep het wat musiek en voëlgesange kan hoor,
wat die pragtige lente en die ryke vroeë herfsdae kan sien;
wat die vrugte van die somer kan proe en die reën van die winter teen ons vel kan voel prik.
O Here, moenie dat ek aan dié skoonheid ooit so gewoond sal raak
dat dit my nie meer roer en ek U nie meer daarvoor dank nie.
Maak my hart so oop vir die majesteit van u skepping
dat ek sal raaksien hoe selfs die vaalste veldbos vlam van u heerlikheid.
O God, Kunstenaar, Skepper, ek loof U wat lewe en regeer vir ewig en ewig.

[Walter Rauschenbusch]

 
•°•°•°•°•
 
In die lig van die klimaatkrisis en ander ekologiese uitdagings wat ons daagliks in die gesig staar, word mense al hoe meer bewus van omgewingsprobleme en neem hul meer stappe om die impak daarvan te verminder. Om van die omgewing te leer kan dikwels verwarrend en oorweldigend wees. Daar is soveel 'stemme' wat oor die omgewing praat - aktiviste, regerings, maatskappye, adviesgroepe, om maar net 'n paar te noem - elkeen met verskillende maniere om dinge te beskryf en raad te gee. Elkeen met 'n verskeidenheid van artikels en blogs, en woorde en name en beskrywings wat nie eens in 'n woordeboek van so paar jaar terug bestaan nie.
 
Die Netwerk vir Lewe Sentrum se Groenbediening wil graag 'n betroubare bron wees waar kennis, ondervinding en idees met die Gemeente en Gemeenskap gedeel kan word - tot verheerliking van die Koningkryk van God.
 
groen14 
 
 
Die hoofdoelstellings van die Groenbediening is om :
 
  • 'n Christus-Gees-Groenbediening te wees;
  • Gefokus te wees op dinge wat ons kan doen; 
  • Eenvoudige inhoud met 'n ekologiese grondslag te verskaf;
  • Verstaanbare inligting te verskaf wat werkbaar en relevant is.
 
Wat ons nie ten doel het nie :
 
Enige onetiese, selfverrykende praktyke !
 
 
Hoe kan jy help ?
 
  • Deel jou kennis, ondervinding, bronne, gawes en talente met ons;
  • Verskaf artikels (sonder kopiereg) wat ons op die webblad kan plaas;
  • Vertel ons van boeke, DVD's, ens wat ons op die hulpbronlys kan plaas;
  • Gee idees van, en hoe om projekte in die Gemeente en Gemeenskap te begin;
  • Bied aan om 'n projek op die been te bring en te bestuur;
  • Skakel in by ons gespreks-/beplanningsessies; ens.
  
  
Stuur 'n e-pos aan groen@ksm.co.za en laat ons weet waar jy graag 'n bydrae wil lewer,
of kontak ons by (012) 663-1610.
 
 
groen11 
 
 
Ons kan weer vra: waarom moet ons omgee..?  waarom wil ons biodiversiteit hê – waarom is dit belangrik?  Behalwe vir die ekologiese waarde van spesies en die waarde van ekosisteme vir die natuur – en ons eie oorlewing, het biodiversiteit ook ‘n geestelike waarde.  Dit gee vir ons ‘n “sin van bewondering” en is die sleutel tot die mens se welvaart.  Daar is iets in die wonder van die natuur – in haar oneindige verskeidenheid en geheimenisse, wat mense diep raak.
•°•°•°•°•
 
So paar idees om te begin groen word :
 
PLANT 'n boom
 Om 'n boom te plant is 'n groot stap om aardverwarming te beveg - bome, plante en gras 'asem' koolstofdioksied in wat die koolstof emissie in die atmosfeer verminder. Verhoog biodiversiteit (verskeidenheid van alle lewende dinge) en die bewaring van die natuurlike ekosisteem deur bome te plant wat nie as onkruid of indringer gelys is nie.
 
groen1
 
RY slim en wees bandslim
Gebruik openbare vervoer waar moontlik of stig 'n saamryklub. Sorg dat jou motor se banddruk korrek is - pap bande vermors petrol en energie. Nog beter - stap of ry fiets.
 
Gebruik energiebesparende GLOEILAMPIES
Kampakte buisligte verskaf dieselfde hoeveelheid lig as normale gloeilampies, maar gebruik 'n kwart van die elektrisiteit en dit hou tien keer langer.
 
Gebruik energiebesparende ELEKTRONIKA en toestelle
Vervang 'n ou yskas of lugverkoeler met 'n meer energiebesparende model - dit sal jou rande bespaar op jou kragrekening en sommer ook aardverwarming besoedeling verminder.
 
Gebruik WATER spaarsamig
Verminder energieverbruik deur die warmwaterstelsel se temperatuur nie meer as 50°C te stel nie, of bespaar warm water deur te stort eerder as te bad, en gebruik lae-vloei stortkoppe. Draai druppende krane behoorlik toe, of plaas 'n opvanghouertjie onder die kraan totdat jy 'n draai by 'n nutswinkel kon maak. Plaas 'n baksteen in die toilet se waterbak. Vang reënwater op deur houers onder jou dakgeute te plaas en die water in die toilet of in die tuin te gebruik as dit droog is.
 
groen5
 
VERMINDER bystandkrag vermorsing
Enige toestelle soos televisies, DVD spelers, selfoonherlaaiers en ketels wat nie gebruik word nie, moet heeltemal ontprop word.
 
Verminder, Herverbruik en Herwin! (REDUCE, REUSE, RECYCLE)
Om koerante, glas en metaalprodukte van herwonne materiaal te produseer spaar 70-90% van die energie en koolstofdioksied besoedeling wat sou plaasvind as die produk van rou/suiwer materiaal vervaardig was. Dink net - om 'n hoop koerante van 1 meter hoog te herwin kan jy 'n boom red! Onthou - omtrent alles kan herwin word - van selfone tot
 
groen12
 
Begin by die HUIS
Motiveer en daag jou gesinslede, bure en familie uit om ook te herwin - vertel hulle hoekom en hoe. Koop produkte van die varsproduktemark. Verhoog jou groente-inname. Het jy geweet - meer grondoppervlak word deur landbousektor gebruik om vleis te produseer as om plante te produseer. Die metaan wat plaas- en huisdiere oprisp is 23 keer meer effektief in hitte-retensie as CO2 en dra meer by tot aardverwarming as alle menslike vervoerstelsels saamgegooi!
 
Raak BETROKKE by jou werk, jou skool, jou kerk - enige plek!
Ons kan omgewingsvriendelike leefwyse nie net in ons huise kweek nie, maar ook by ons werke, skole en kerke. Deur dit deel van ons kultuur te maak help ons om omgewingsbewustheid onder die gemeenskap, en veral jongmense, te kweek en aan hulle ‘n sin van verantwoordelikheid en rentmeesterskap te gee.

Bou jou eie WURMPLAAS
Al ons afval eindig op in reuse afvalhope, waar dit ons grondwater besoedel en kweekhuisgasse vrystel.  'n Omgewingsvriendelike manier om van oorskiet kos en ander organiese huisafval ontslae te raak, is 'n wurm-kultuur, of “erdwurm-plaas”, waar erdwurms binne ‘n paar dae iets wat andersins ‘n massa verrottende stink kosafval sou wees, afbreek tot kompos. ‘n By-produk van hierdie proses is “wurm-tee”, wat ‘n uitstekende vloeibare bemestingstof maak. 
 
Dink en kies GROEN
Maak seker die produkte wat jy koop of van gebruik maak ondersteun 'n 'Groen' Projek, is organies of herwinbaar. 'n Voorbeeld is Kulula - het jy geweet hulle ondersteun die "Going Green" program ?
 
Dink en leef VOLHOUBAAR
Verbeel jou 1 miljoen Suid Afrikaners staan saam op een enkele dag om 'n organiese groentesoort by hul huise of werk te plant.... Op 23 September 2010, gaan die Groenbediening die landwye projek ondersteun om volhoubaar te begin raak. Hou hierdie spasie dop!
 
 
groen10
 
 

Wie is kerksondermure?

Ons glo God wil ons gemeente anders maak. Anders soos Jesus en die kerk waaroor Hy droom. Om uitdrukking te gee aan hierdie andersheid het hy vir ons ‘n ander naam gegee – kerksondermure. ‘n Naam wat praat van ‘n verwelkomende gemeenskap.

Lees verder

Neem kennis

Nuwe Eredienstye by
Midstream:

08:00 & 10:00

Gr7's se dienstye skuif ook na
Sondae middae om 16:45 - 17:45

 

Kontak ons gerus!

Skakelbord en navrae
+27 (0)12 663 2003
info@ksm.co.za

Bankbesonderhede 

kerksondermure
ABSA
2890580095
Verwysing:  naam en waarvoor

PREDIKANT OP ROEP:  +27 (0)83 489 0180

Jy is hier: Home Bedieninge Persoonlike Sorg Groenbediening
feedback

Meningsopname

JOU INSETTE TEL 

Dankie vir jou belangstelling.  Kyk gerus uit vir die volgende meningsopname