DivorceCare4Kids

ʼn Bediening vir laerskoolkinders geraak deur egskeiding.
PROGRAMBESTUURDER:
Marietha Graham
012 663 1610
divorcecare4kids@ksm.co.za
DC4k Reeks 1 2013 program en registrasievorm

- In: DivorceCare4Kids
- Trefslae: 806
DivorceCare4Kids - 2013
Wat is DivorceCare4Kids ?
Is jou kinders kwaad, seergemaak en verward oor jou skeiding of egskeiding ?
Dit kan nogal frustrerend wees om die regte hulp vir jou kinders te vind.
DivorceCare4Kids is 'n spesiale ondersteuningsgroep vir laerskoolkinders om hul
te help genees van die seer wat veroorsaak is deur die skeiding of egskeiding van hul ouers.
Tydens die weeklikse sessies maak kinders vriende en ontmoet fasiliteerders
wat verstaan hoe hulle voel en wat hul deurmaak.
DivorceCare4Kids bied 'n veilige, prettige plek waar jou kinders
-
sal leer hoe om hul gevoelens te verstaan
-
sal leer hoe om hul emosies op 'n toepaslike manier uit te druk
-
beter oor hulself sal voel
-
hanteringsvaardighede sal ontwikkel en
-
bekendgestel sal word aan Bybelse konsepte wat troos bring
Die beste van alles is - kinders leer hier hoe om
trane in hoop en vreugde te verander !
Indien jou kinders hierby baat sal vind, of indien jy weet van iemand
anders se kinders wat sukkel om hul ouers se skeiding of egskeiding te verwerk,
kontak ons by (012) 663-1610 of stuur 'n e-pos aan divorcecare4kids@ksm.co.za
Ons nooi dus alle laerskoolkinders wat geraak is deur egskeiding om te kom
deel in hierdie reeks van dertien sessies! Die reeks word 2 keer per jaar
by kerksondermure Hippolaan en -Midstream aangebied.
Hippolaan
Tyd : Dinsdagaande om 18h00
Reeks 1 begin 5 Februarie 2013, en
Reeks 2 begin 23 Julie 2013
Midstream (Mount Quarryweg)
Kontak ons vir meer inligting
Kinders is natuurlik welkom om enige tyd by die programskedule in te skakel.
Die sessies wat hulle gemis het, kan weer gratis bygewoon word in 'n volgende reeks.

Kostes : R300 eenmalige adminstrasiefooi vir die eerste kind,
en R100 vir daaropvolgende kind(ers). Koste sluit ligte verversings in.
Indien die kind(ers) se ouer(s) ook inskakel by DivorceCare, is slegs
R100 administrasiefooi per kind betaalbaar.
'n Gratis kinderoppasdiens is beskikbaar vir voorskoolse kleingoed.
Van die temas wat op bespreek word is :
Woede
Hartseer
Eensaamheid
Nuwe verhoudings
Finansies
Skuldgevoelens
Vergewing
Liefde vir Pa en Ma
En nog vele meer !
Vir verdere inligting, skakel Marietha by (012) 663-1610,
of volg die skakels hier onder vir 'n verkorte uitnoding en registrasievorm.
[Program en Registrasievorm vir DivorceCare4Kids Hippolaan]
[Program en Registrasievorm vir DivorceCare4Kids Midstream] Kontak ons vir meer inligting !


JOU INSETTE TEL