Vonkelvroue

Visie & Missie
Sodat elke vrou sal weet dat die Here haar ontelbaar liefhet, dat Hy haar sal beskerm en bewaar en dat Hy haar elke dag seen en oorlaai met Sy genade.
Fil 4:6&7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend en die vrede van God wat alle verstansd te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Jesus Christus.
Vonkelvroue is...
'n Groepie vroue uit die gemeente wat op 'n vrywillige basis diens lewer aan die vroue van die gemeente en gemeenskap. Vroue wat uit liefde vir die Here en 'n instrument in Sy hand funksies reel met 'n ete en Christelike spreker wat aanpas by die jaartema van die kerk. Daardeur bereik ons vroue op 'n informele basis, maar tog is die Heilige Gees altyd teenwoordig.
Een kamp word ook jaarliks gehou waar ons in diepte en persoonlik die Here en Heilige Gees ervaar, waar jy jouself weer leer ken engeestelike verhoudings gebou word tussen vroue.



JOU INSETTE TEL