Text Size
Inteken

Week 13 tot 20 Junie 2010 - Verstaan ons lyding anders

Voorbereiding – kerksondermure-omgeegroepe/-selle
Week 13 tot 20 Junie 2010

TEMA: OP PAD MET JESUS SE LIEFDE — VERSTAAN ONS LYDING ANDERS.

OOR VORIGE SONDAG SE OGGENDPREEK – WAT SÊ DIE HEILIGE GEES VIR MY/ VIR ONS/ VIR DIE SELGROEP?
KOM ONS DINK WEER BIETJIE NÁ OOR DIE DIENS EN DEEL MET MEKAAR WAT ONS ELKEEN BY DIE HERE HIEROOR GEHOOR HET:-

Skriflesing Rom 8: 18-39
“Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.”      [Rom 8: 18]

SEWE STELLINGS UIT DIE PREEK WAT DIE SEL KORTLIKS KAN BESPREEK:

STELLING 1:  Die hele skepping van God ly ... [:20] – (Die skepping is stukkend en word elke dag verder verniel.  Die skepping is ’n “slaaf van die verydeling” – dws die skepping se doel om God se wonderlike Skepperskap te wys, word belemmer.  Die skepping sug/ kreun swaar soos ’n vrou met kraampyne en is in spanning oor die einde wat kom.)
STELLING 2:  Ek is ook stukkend en ly saam met die skepping.  [:23]  (... ons moet lyding verduur.)
STELLING 3:  Dié lyding van skepping en mense hou aan tot by Jesus se wederkoms.  [:19]
STELLING 4:  Jesus is ons verwagting/ hoop.  [:24]
STELLING 5:  Want niks kan ons van Jesus se liefde skei nie.  [:35]
STELLING 6:  Jesus dra my persoonlik deur enige smart in my lewe.  [:28]
STELLING 7:  Die belofte van die doop in die Naam van Jesus beskerm ons.  [:29 en 30]

SEL-GESPREK OOR TEMA:  OP PAD MET JESUS SE LIEFDE VERSTAAN ONS LYDING BETER/ ANDERS.
Lees eers hardop Luk 22: 41-46 —
42 “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. 
Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!”

a) Die selgroep mediteer minstens vyf minute in totale stilte oor vers 42.  Deel dan met mekaar wat die Here vir jou vanaand in hierdie vers sê. ..................……………………………………….
........................................................................................................................................................
b) Het Jesus meestal lyding en teëspoed vir sy volgelinge op aarde belowe? 
[sien Matt 10: 34 en verder; Hand 9: 16]  ………………………………………………………..………………………
.........................................................................................................................................................
c) Is daar voorspoed vir Jesus se volgelinge op aarde belowe?      [Jer 29: 11; Joh 6: 26-27] 
.........................................................................................................................................................
d) Watter nut kan lyding in ’n gelowige se lewe hê?  ……………………………………………………………
.........................................................................................................................................................
e) Wat is elkeen se ervaring – gee God van sy kant soms lyding op die mens se lewenspad?
…………………………………………….………………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………………………………………………………………..

[LAAI NOTAS AF]

Inteken- area