Text Size
Inteken

VOLGSTUK KSM OMGEEGROEPE WEEK 07-03-2010

Voorbereiding – kerksondermure-omgeegroepe/-selle  

Week van 7 tot 13 Maart 2010

OP PAD MET JESUS SE LIEFDE — STAP ONS OP DIE SPORE VAN ’N JESUS WAT DOELGERIG OP PAD NA SY KRUIS IS.

Moontlike orde en tydsbeplanning afhangende van struktuur van sel (kinders of nie, getal lede, tyd beskikbaar ens):-

19:00  Ontmoet en kuier – lede kry koffie/ tee (gaan sit) en leier vra die Lief en Leed-vraag;

19:20  Musiekleier bring ons in aanbidding voor God met musiekopname, voorlesing van byv gedig of fragment prosa, lofprysing, ens .  Musiekleier, selleier of ander lid doen die openingsgebed (God se teenwoordigheid gesoek) in die loop van die sang/ musiek soos beplan;

19:30  Enige getuienisse van lede oor God se handeling met hulle dié week.  (afhangende van die kinders se ouderdom kan hulle voor of ná hierdie item verskuif om onder leiding van een van die volwassenes oor die doop te gaan gesels);

19:40  Terugvoering oor oggendpreek vorige Sondag – God se opdragte aan elkeen/ sel in praktyk;

19:50  Hooftema – Op pad met Jesus se liefde – stap ons op die spore van ’n Jesus wat doelgerig op pad na sy kruis is;

20:50  Gebed en afsluiting.

Ons is in die Lydenstyd – en het ’n bietjie kans gekry om oor ons doop te dink:-

Abraham, die Doop en die herdenking van Jesus se Lydenstyd ...

Daar’s ’n besonderse band met hierdie dinge – die verbond van God met ons in Abraham

“Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?”  [Rom 6: 1-14 (:3)] 

 

Oor vorige Sondag se Oggendpreek – wat sê die Heilige Gees vir my/ vir ons/ vir die Selgroep?

Gal 3: 26  “Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.”

Om in Jesus te glo, beteken om Hom na te volg ...

Eers as ek Jesus volg, glo ek in Hom, vertrou ek in Hom en kan ek met Hom verenig wees deur die doop ...

Ons het steeds te doen met die verbond van God met Abraham en sy (geloofs)-nageslag.

Jy is jou kind se Kinderbybel – wat hom/ haar moet wys hoe Jesus lyk.

Paulus wil Jesus se ‘gestalte’ in mense sien.

KOM ONS GESELS OOR DIE VOLGENDE VRAE:

         1         Leef ek ’n ‘gedoopte’ lewe?

         2         Maak jou doop (waarskynlik as klein kindjie) nou ’n verskil aan jou lewe?

         3         Kan mense Jesus raaksien as hulle na jou ‘gedoopte lewe’ kyk?

 

Selgesprek met delf in die Bybel oor die Wandel-met-Jesus-Ervaring van die week

Lees Mark 11: 32-34 — Jesus stap doelgerig voor die dissipels uit op pad na Jerusalem (en sy kruis):

  1. Iemand het een maal gesê Jesus was die dapperste mens wat ooit geleef het – kommentaar?
  2. Wat beteken dit vir my om ’n lewende offer vir die Here te wees?  (Rom 12: 1; 6: 13)

 

 

Inteken- area