Text Size
Inteken

Volgstuk ksm-omgeegroepe week 7 Februarie 2010

Voorbereiding  – kerksondermure-omgeegroepe/ selle

Week 7/02 —Die een groot gedagte van die week is uit I Tess 5: 24 –

“Hy wat julle roep, is getrou.”
Jesus het sy vriende tot die uiterste toe lief (Joh 13: 1).  Hy gaan uiteindelik kruis toe vir hulle.  Dis uiterste getrouheid.
Ons gebruik vandeesweek die aanloop van die verhaal van Jesus toe Hy die (baie lastige) skare innig jammer gekry het en hulle met brood en vis gevoed het.  [Matt 14: 13-21]
OP PAD MET JESUS SE LIEFDE — LEER EK WARE GETROUHEID

Moontlike orde en tydsbeplanning:-
19:00  Ontmoet en kuier – lede kry koffie/ tee (gaan sit) en leier vra die Lief en Leed-vraag;
19:20  Musiekleier bring ons in aanbidding voor God met musiekopname of lofprysing.     Voeg hier die openingsgebed (God se teenwoordigheid gesoek) in deur musiekleier, selleier, persoon vooraf gevra;
19:30  Enige getuienisse van lede oor God se handeling met hulle dié week;
19:40  Terugvoering oor oggendpreek vorige Sondag – God se opdragte aan elkeen/ sel in praktyk;
19:50  Hooftema – Op pad met Jesus 3 – leer onwrikbare getrouheid by Hom;
20:50  Gebed en afsluiting.

OOR VORIGE SONDAG SE OGGENDPREEK – WAT SÊ DIE HEILIGE GEES VIR MY/ VIR ONS SEL?   
(Heb 11: 8-19 — “Omdat Abraham geglo het … .”)
[Onthou uit die preek – gelowiges sien die volmaakte wêreld wag:  (a) My lewensroete loop teen die agtergrond van God se plan;  (b) Dis nie ’n troetelbestaan nie, dis ’n rowwe rit wat wag;  (c) Jy staan in ’n baie spesiale verbondsverhouding met ’n getroue God;  (d) Ons het die groot voorreg om in geloofsgroei geloofsgenote rondom ons te hê.]
1 Waaraan weet jy dat jou geloof groei?
2 Hoe het jou geloof in die laaste tyd gegroei?
BEKENDSTELLING EN MOTIVERING VAN TEMA:  OP PAD MET JESUS
 Moenie onderskat hoe baie die Gees jou uit bekende gebeurtenisse in die lewe van Jesus kan leer nie.  Ondersoek die storie baie noukeurig en biddend deurgaans;
 Leer Hom ken deur regtig goed (en weer en weer) te kyk wat Hy doen en sê;
 Verstaan die betekenis agter die “eenvoudige” dinge wat Hy doen;
 Fokus op fisieke feite van die verhaal, die emosies van die deelnemers, die simboliek van dinge wat gebeur (en neergeskryf word), die opdrag van die Here daaruit vir jou persoonlik;

Kom ons deel feite en vrae in die verhaal van die vermeerdering van die brood en die vissies:
Matt 14: 13-21 .........................................................................................................................
...................................................................................................................................................
1. Maak beurte en laat ’n paar sellede die storie weer ’n keer in eie woorde en taal/ vertolking aan die ander vertel asof hulle dit sien gebeur het.
2. Wat weet ons van Jesus se gemoedsstemming uit vers 13 en die voorafgaande stuk?
3. Was die dissipels waarskynlik gefrustreerd met die skare wat hulle tot by die retreat-plek volg?
4. Wat sien Matteus in Jesus se gesig as die teleurstelling van verlore terugtrek-tyd hulle tref?
5. Hoe sien ons Jesus se getrouheid aan sy roeping vir siek en verdwaalde mense in vers 14 en 16?
6. Aan watter roeping(s) moet ons in hierdie dae getrou bly .... ?
7. .... en op watter manier sou dit my geloof laat groei?
8. Hoe help ons sel ons daarmee?

Inteken- area