Text Size
Inteken

Biker Bediening - Nog Inligting

Die Biker Bediening is 'n baie bedrywige klomp bikers met 'n GROOT brandende liefde vir Jesus. Ons poog om mure af te breek tussen God se kinders en gaan derhalwe gereeld uit op 'n helpende-hand liefdadigheids uitreike.

Hierdie uitreike vind plaas in die vorm van 'n breakfast run, enige iets tussen 50 en 100 km van Pta/Centurion af. Ons kom gewoonlik by kerksondermure, Hippolaan, Centurion bymekaar en ry dan van daar af so tussen 7:30 en 8:00 in die oggend.

Die KOW Biker Bediening groep het 'n nederige begin gehad in Mei 2010 met 12 Bikers. Die belangstelling in die bediening is baie groot. Daar is ook diegende wat nie motorfiets ry nie, wat in die motorkar-konfooie saam ry wanneer uitreike plaasvind.

Kom en sluit aan by hierdie groot familie sonder pretensies of voorwaardes. As iemand saam met die groep wil aansluit is al vereistes dat jy 'n geldige lisensie moet hê en 'n aansluitingsvorm moet invul. Veiligheidsklere is opsioneel. Dis maar vir jou eie beskerming indien iets gebeur. Naasteliefde kom verniet!

Belangstellendes kan op ons databasis geplaas word om al die besonderhede te ontvang van die uitreike, in-reike, Breakfast Runs, fun runs ens. Kom gerus een keer saam om te sien wat gebeur.

As jy op Facebook is... gaan soek ons gerus op Biker Bediening Centurion. Daar word alles geadverteer. Gaan soek ook ons foto's van die uitreike. www.facebook.com/Bediening
Vir meer inligting, foto's en om te registreer vir e-pos kommunikasie, skryf aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Mag die Here se seën jou vergesel, elke kilometer wat jy ry.

Renate Oosthuizen
083 650 9913
Biker Bediening Voorsitter

Inteken- area