Kerk-Op-Wiele Biker Bediening
VISIE
"Hemelse Afsprake is Afsprake met God. Om op die regte tyd op die regte plek te wees - 'n Plek waar ons tot hulp kan wees vir iemand anders, selfs 'n vreemdeling. 'n Plek waar, selfs ons, deur 'n vreemdeling aan die hand geneem en gehelp word. Dit is Hemelse Afsprake wat ons wil nakom." Pred. 3:12 (OV) Daar (is) niks beter... as om bly te wees en goed te doen in die lewe (nie)
MISIE
Ons is ligwesens. Ons wandel in die Lig. Ons staan vas in die Lig. 'n Kragtige selgroep - oortuig daarvan dat ons sal opstaan, wat ookal gebeur; want ons weet - God is in bevel en daarom is alles wel. Fil. 2:15 Tree op as ligdraers in die wêreld
ONS GEBED
"Hier is ons Here, gereed vir u afsprake. Ons is stil en ons wag op U om ons geestelike ore en oë oop te maak om ons te kan lei van afspraak tot afspraak; sodat U ons kan gebruik om hierdie aarde 'n beter plek te maak om in te leef. Amen"
Laas Opdateer op Vrydag, 11 Februarie 2011 11:05 Geskryf deur Kotie Dinsdag, 25 Januarie 2011 15:44
Kerk-Op-Wiele is 'n baie bedrywige klomp bikers met 'n GROOT brandende liefde vir Jesus. Ons poog om mure af te breek tussen God se kinders en gaan derhalwe gereeld uit op 'n helpende-hand liefdadigheids uitreike.
Hierdie uitreike vind plaas in die vorm van 'n breakfast run, enige iets tussen 50 en 100 km van Centurion af. Ons kom altyd by kerksondermure bymekaar en ry dan van daar af so tussen 7:30 en 8:00 in die oggend.
Die Kerk-Op-Wiele groep het 'n nederige begin gehad in Mei 2010 met 12 Bikers. Die belangstelling in die bediening is baie groot. Daar is ook diegende wat nie motorfiets ry nie, wat in die kar konfooie saam ry wanneer uitreike plaasvind.
Families is baie meer as welkom om by ons aan te sluit. As iemand saam met die groep bikes wil ry is al vereistes dat jy 'n geldige lisensie moet hê. Veiligheidsklere is opsioneel. Dis maar vir jou eie beskerming indien iets gebeur.
Belangstellendes kan op ons databasis geplaas word om al die besonderhede te ontvang van die uitreike, fun runs ens. Kom gerus een keer saam om te sien wat gebeur.
As jy op Facebook is... gaan soek gerus vir kerkopwiele Centurion. Daar word alles geadverteer. Gaan kyk ook ons foto's van die uitreike.
Mag die Here se seën jou vergesel, elke kilometer wat jy ry.
Renate Scheepers
KOW Voorsitter
083 650 9913
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien


