Groeigroepe
-
M.A.M.S (Mothers of pre-schoolers)
( 0 Artikels )

M.a.M.s. :: Moeders van Peuters en Suigelinge ::
Ons bou verhoudings, reik uit, deel met mekaar, verbreed ons kennis en groei saam om God se roeping vir ons as ma's beter te verstaan en uit te leef.
Visie- Maak 'n impak op 'n mamma
- Maak 'n impak op 'n gesin
- Maak 'n impak op die wêreld
Ons wil graag as mammas van voorkoolse kinders hande vat en mekaar toerus om dié beste ma's, huweliksmaats, vriendinne en vrou te wees wat ons kan!
Byeenkomste
Ons kom elke tweede week tydens skool-kwartale op 'n Woensdagoggend vanaf 09:00 - 12:00 bymekaar.
MAMS vir werkende mammas het nou ook afgeskop!
-
30+ Enkellopendes en paartjies
( 0 Artikels )

Kom en word deel van 'n dinamiese, lewenslustige groep mense wat onder andere vir jou die volgende geleenthede bied:
- Sosiale program vir saamkuier
- Selgroepe vir geestelike groei en ondersteuning
- Mana-sonder-mure uitreikaksies
- Sprekers
Vir meer inligting, foto's en om te registreer vir e-pos kommunikasie, gaan na http://hjb-racing.co.za/30plus
-
40+ Enkellopendes
( 0 Artikels )

40+ Enkelbediening wil graag vir enkellopende persone, ouer as 40 jaar, 'n veilige omgewing gee waar hulle hulself ten volle kan uitleef... geestelik en sosiaal.
Ons hanteer mekaar met respek, deernis en simpatie. Ons deel in mekaar se hartseer en deel in mekaar se vreugdes. -
Vonkelvroue
( 0 Artikels )

Vissie
Ons reik op 'n skeppende wyse uit na vroue om hulle geestelik en emosioneel op te hef en te bemagtig terwyl ons God se naam groot maak.
Ons wil dus 'n verskil in hulle lewens maak en lewensverandering meebring.
Missie
Om God 'n realiteit in die lewens van ons vroue te maak, hulle te bereik deur die gebruik van ons gawes en talente... maar dit alleen biddend, op one knieë en in Sy krag.
--
Vonkelvroue in aksie is kerksondermure se bediening vir dames wat saam hande neem om deur die loop van die jaar verskeie geleenthede te bied aan die dames van die gemeente en omgewing om saam geestelik te groei en vrouwees te geniet. -
Oppiekoppie seniors
( 1 Artikel )

Ons doel
"Om as begenadigdes (Ps90:9-10) vir mekaar iets te beteken en behoeftes te ondervang deur 'n sinvolle bydrae te maak tot ons gemeente en die gemeenskap en mekaar te help groei deur voorbidding, Bybelstudie en onderlinge sorg."
Wanneer
Ons kom bymekaar op die 1ste Woensdag van elke maand behalwe gedurende die skoolvakansies. -
Selgroepe
( 6 Artikels )

KONTAKPERSOON:
Hannes Gildenhuys
e-pos: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
Tel: 073 662 7304 -
Vroue Vreugdefees
( 0 Artikels )
Vroue Vreugdefees
vind plaas op
17 September 2011
-
Kerk-Op-Wiele Biker Bediening
( 1 Artikel )
VISIE"Hemelse Afsprake is Afsprake met God. Om op die regte tyd op die regte plek te wees - 'n Plek waar ons tot hulp kan wees vir iemand anders, selfs 'n vreemdeling. 'n Plek waar, selfs ons, deur 'n vreemdeling aan die hand geneem en gehelp word. Dit is Hemelse Afsprake wat ons wil nakom." Pred. 3:12 (OV) Daar (is) niks beter... as om bly te wees en goed te doen in die lewe (nie)
MISIE
Ons is ligwesens. Ons wandel in die Lig. Ons staan vas in die Lig. 'n Kragtige selgroep - oortuig daarvan dat ons sal opstaan, wat ookal gebeur; want ons weet - God is in bevel en daarom is alles wel. Fil. 2:15 Tree op as ligdraers in die wêreld
ONS GEBED
"Hier is ons Here, gereed vir u afsprake. Ons is stil en ons wag op U om ons geestelike ore en oë oop te maak om ons te kan lei van afspraak tot afspraak; sodat U ons kan gebruik om hierdie aarde 'n beter plek te maak om in te leef. Amen"
