Jaartema 2010

webjaartemaOP PAD MET JESUS SE LIEFDE

Dit is die gemeente se jaartema vir 2010. Ons wil graag ‘n gemeente wees wat geken word aan ons liefde wat ons uitleef in ‘n liefdelose wereld. Vra die Here om die tema waar te
maak sodat die hele gemeente saam oppad sal wees met Jesus se liefde...

 

1. OPPAD

ONS IS NOG NIE BY DIE EINDPUNT:  Fil 3:14
Bid dat ons almal sal volhard tot die einde toe
ONS IS BESIG OM GEESTELIK TE GROEI :  Ef. 4:13
Bid dat ons geestelike volwassenheid sal bereik
SY WOORD IS ‘N LAMP  : Ps. 119:105
Bid dat ons Sy Woord sal verstaan en reg sal gebruik op ons lewenspad
KEN HOM IN ALLES, HY WYS DIE PAD  : Spreuke 3:6
Bid dat ons bereid sal wees om Hom by ons hele lewe te betrek
EMMAUSGANGERS – HERKEN HOM OP PAD : Lukas 24:31,32
Bid dat die Here ons oe sal open sodat ons Hom sal herken oppad

 


2. MET JESUS

GELOOFSEKERHEID – 1 Joh. 5:13
Bid dat elke lidmaat sekerheid oor sy geloofsverhouding met Jesus sal he
KEN HOM PERSOONLIK -  Ef. 3:10
Here, ons wil U ken en die krag  van U opstanding ondervind
NIE NET LANGS JOU, HY LEEF IN JOU -  Gal.2:20
Here, help ons om aan onsself te sterf sodat U in ons kan leef.
OM HOM TE KEN IS WAARDEVOL -  Fil. 3:8
Hoe kosbaar is jou verhouding met Jesus vir jou ?  Here, help ons om weer te verstaan hoe kosbaar ons verhouding met U is.

3. SE LIEFDE

WERLIKE LIEFDE -  1Joh 4:10,11
Here, help ons om U goddelike liefde te verstaan
BEGRYP DIE OMVANG VAN SY LIEFDE -  Ef. 3:18,19
Bid dat elke gemeentelid die omvang van Sy liefde sal begryp
GEWORTEL IN DIE LIEFDE  - Ef. 3: 17
Bid dat ons vaster in die liefde sal groei
MEKAAR AANSPOOR TOT LIEFDE – Hebr. 10:24
Here, maak ons verantwoordelik vir mekaar dat ons mekaar sal aanspoor
LIEFDE BRING VERGIFNIS – Luk. 7:47
Vra die Here om ons vergewingsgesind teenoor mekaar te maak
LIEFDE MET DAAD BEWYS – 1Joh. 3:18
Vra die Here om ons te help om ons liefde met dade te bewys soos Hy gedoen het
AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE – Ps. 100:5
Dank die Here dat daar aan Sy liefde geen einde is nie
VRUG VAN DIE GEES IS LIEFDE – Gal. 5:2
Vra die Here om deur Sy Gees in ons te werk dat ons die vrugte van die Gees kan voortbring
MOET MEDEMENS LIEFHE – Rom. 13:8-10
Vra die Here om die gemeente gehoorsaam te maak
OPTIMISTIESE LIEFDE – 1 Kor. 13:4-7
Bid dat ons nie moedeloos met verhoudings sal word nie, maar om optimisties lief te he
GEDAGTES GERIG OP DIE LIEFDE - 2 Tess. 3:5
Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God. Bid hierdie gebed vir jouself en die gemeente

Restore Default Settings

Inteken- area