|
Goeie dag alle Kerk-Op-Wiele bikers, kennisse, vriende en familie & ander Biker Groepe
Kerk-Op-Wiele ry alweer en ons wil julle baie vriendelik uitnooi om saam met ons te kom deelneem aan die lekkerte van “GEE”. Stuur sommer hierdie e-pos aan nog mense wat bikes het wat iets vir sy medemens wil doen.
Op Sondag die 12de Sept gaan ons uitry na ‘n gemeenskap daar na Pyramid se kant toe. Hulle grootste behoefte (onder andere) is vleis. Iets wat hulle miskien net op Hi-days en Holi-days sien. Ons wil hulle dus gaan verras met bietjie lekker vars vleis. Ek weet tye is rof op ons almal, daarom vra ek nederig as elke biker ten minste een kg maalvleis en een kg wors kan skenk. Indien jy in jou hart voel jy wil meer gee, baie dankie as jy sou kon.
Asb mense. Help ons om ons uitry na hierdie baie behoeftige mense sommer EKSTRA spesiaal en lekker te maak. Die wat nie bikes het nie, daar is ‘n karre-konfooi wat ook gaan ry. So, hoe lyk dit? As jy nog nooit die lekker warmte van ‘n uitreik ervaar het nie, nou is jou kans. Kontak my gerus vir meer besonderhede.
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
SONDAG 12de September (Bring ‘n Vleisie-Projek)
· Kerk-Op-Wiele se maandelikse uitreik. Hierdie maand na Maranataland in Pyramid
· Elke Biker neem ‘n pakkie wors en ‘n pakkie maalvleis saam om te skenk aan die minderbevoorregte vriende by wie ons gaan kuier.
Onthou die vleis moet kliphard gevries wees asb.
· Kom bymekaar vanaf 07h15 by kerksondermure
· Motorkarre-konfooi vertrek om 07h30 (padkaart volg)
· Stop by N1 PetroPort om ontbyt te eet
· Vertrek verder na Mananataland
· Kerkdiens word op hul perseel gehou
· Saamkuier en ‘geestelike bediening’
· Terugkeer na Centurion
Soos elkeen van julle al ervaar het is hierdie uitreike fantasties in die sin dat ons meer “ontvang” as wat ons uitgee. Dit is presies waaroor dit gaan. So, vra in jul gebede vir God om jul te lei ook in hierdie waardevolle ure gespandeer as Jesus se Hande en Voete hier op aarde. Sien julle die 12de.
Baie seengroete
Renate
|
0
Comments
Add